Manila-plakkerskamp verwoes deur brand

Die rampbestuurskantoor in Manila het hommeltuigmateriaal vrygestel van ‘n brand wat die plakkersbuurt in die hawegebied van die Filippynse hoofstad verswelg het. Sowat 2 000 gesinne is dakloos, nadat ongeveer 1 000 strukture  verwoes is. Tientalle brandweerwaens, brandweerbote en twee lugmaghelikopters is ontplooi om die brand te bestry. Geen sterftes is tot dusver aangemeld nie. Die brand volg slegs maande nadat 11 mense in ‘n brand in die stad se Chinatown-woonbuurt dood is.