Manguaung-gevangene wat e-pos aan minister stuur gedreig
‘n Gevangene van die Mangaung korrektiewe sentrum wat e-posse aan die adjunkminister van korrektiewe dienste, Inkosi Patekile Holomisa, gestuur het oor Thabo Bester se ontsnapping, vrees vir sy lewe. Daar word beweer die gevangene het dreigemente van die tronkbeamptes ontvang. Hy het versoek om vir sy veiligheid na ‘n ander tronk oorgeplaas te word. Die departement se woordvoerder, Singabakho Nxumalo, sê gevangenes wat in Bester se ontsnapping alarm gemaak het, word oorgeplaas: