Mango het misluk oor SAL se ondergang – kennerSeptember 9, 2023

Die lugvaartkenner, dr. Guy Leitch, sê die mislukking van Mango-lugredery is as gevolg van die ondergang van die Suid-Afrikaanse Lugdiens. Sy standpunt volg nadat die Hooggeregshof in Pretoria die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, 30 dae gegee het om ʼn besluit te neem oor die lot van Mango, wat reeds twee jaar lank nie vlieg nie. Die hof het bevind Gordhan se versuim om ‘n besluit oor die verkoop van die lugdiens te neem, is onwettig en ongrondwetlik. Leitch sê Gordhan mors doelbewus tyd met die aangeleentheid: