Mangangwa vry vir fondse
Zimbabwe se president Emmerson Mnangagwa het krediteure en finansiële bestuurders onthaal om ambisieuse doelwitte te bespreek om agterstallige skuld uit die weg te ruim en die land se 12,7 miljard Amerikaanse dollar se buitelandse skuld te herstruktureer. Die land beplan om internasionale kapitaalmarkte te ontgin vir die eerste keer in meer as 20 jaar. Zimbabwe se skuld beslaan 81 persent van sy BBP. Mnangagwa sê Zimbabwe onderhandel ‘n Personeelgemoniteerde-program met die Internasionale Monetêre Fonds wat beleidshervormings sal vereis.