Manchester United dank Erik ten Hag af

Sokker: Manchester United het afrigter Erik ten Hag na twee-en-ʼn-half jaar in die pad gesteek. Die span het in 2023 die Carabao-beker verower en vroeër vanjaar die FA-beker, maar kon nie vir die Kampioeneliga kwalifiseer nie. Die Nederlander sukkel vanjaar en laat die span in die 14de plek in die Premierliga, hulle swakste wegspring in 35 jaar. United het gister 2-1 teen West Ham verloor in die Premierliga. Die legendariese voorspeler en hulpafrigter, Ruud van Nistelrooy, neem intussen waar terwyl die soektog na ʼn permanente afrigter begin.