Manchester City beboet vir vertraagde afskoppe
Die Premierliga het die heersende kampioene, Manchester City, met 48,07 miljoen Namibiese dollar beboet omdat hulle wedstryde se afskop vertraag of dit weer laat begin. Daar was die afgelope twee seisoene 22 sulke voorvalle met agt in die 2022/2023-veldtog en 14 verlede seisoen. City het verskoning gevra vir die oortredings. Die Premierliga sê reëls in verband met afskoppe en weer begin dra by dat die kompetisie volgens die hoogste professionele standaard georganiseer word en verskaf sekerheid aan ondersteuners en deelnemende klubs.