Man wat van Avani Hotel spring, op die toneel dood verklaar

Die man wat vandag by die Avani Hotel in die middestad in Windhoek vanaf die 15de verdieping afgespring het, is op die toneel dood verklaar. Die man het op ’n laer dak van die Gustav Voigts-sentrum langs die hotel geland. Sy liggaam is na die polisie-lykshuis geneem. Die Namibiese polisie ondersoek tans die voorval en kon die 29-jarige man se identiteit bevestig, want sy identiteitskaart was in sy sak. Sy familie is nog nie van sy dood ingelig nie. Sean Naude van die Namibian Marshall Rangers gesels met Kosmos 94.1 Nuus.