Man wat seksbeelde van Cyril, Bheki versprei verskyn in die hof

‘n Man wat daarvan beskuldig word dat hy pornografiese foto’s versprei het waarop President Cyril Ramaphosa en die polisieminister, Bheki Cele, se gesigte geplaas is, het in die hof verskyn. Scebi Thabiso Nene is in hegtenis geneem ná ondersoeke deur die Valke. Lumka Mahanjana van die Gautengse Nasionale Vervolgingsgesag, sê die beskuldigde het na bewering die pornografiese beelde aan ‘n klaer gestuur wat die saak toe aangemeld het: