Man wat gevang is met AK-47’s dalk net karweier daarvan

’n 24-jarige man van Ontoko in die Onesi-kiesafdeling in Omusati- is gevind in besit van sewe AK-47-aanvalsgewere en sewe leë AK-47-magasyne. Die items is laat Dinsdag ontdek maar die verdagte is nog nie aangekla nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Omusatiise streeksbevelvoerder, kommissaris Ismael Basson, gesels wat sê hy sal eers môre voor die hof verskyn omdat hy dalk nie die hoofverdagte is nie.