Man vasgetrek met ietermagô-velle
Die Otjiwarongo-polisie het ‘n 52-jarige man in hegtenis geneem nadat hy na bewering met twee ietermagô-velle betrap is. Die Otjozondjupa-polisie se gemeenskapskakelbeampte, Inspekteur Maureen Mbeha, sê die verdagte is by ‘n hotel in die dorp gearresteer tydens ‘n gesamentlike polisie-operasie met die Kyani Anti-Poaching and Security Group. Die verdagte sal Dinsdag in die dorp se landdroshof verskyn.