Man vas vir ‘n kilogram dagga in sy motor

‘n 25-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy na bewering met ‘n kilogram dagga in sy voertuig op die B1-roete tussen Otjiwarongo en Okahandja betrap is. Inspekteur Maureen Mbeha, Nampol-woordvoerder in die Otjozondjupa-streek, sê die dagga is gevind onder die voertuig se bestuurdersitplek. Die operasie was intelligensie-aangedrewe. Die straatwaarde word op 50 000 Namibiese dollar beraam. Die verdagte sal binnekort in die landdroshof op Otjiwarongo verskyn.