Man vas vir Marshalltown-brand

Die polisie in Gauteng het ‘n verdagte in hegtenis geneem in verband met die brand in die Usindisogebou in Marshalltown in Johannesburg. ’n Man, bekend as Meneer X, het vrywillig in kamera voor die Kommissie van Ondersoek na die brand in die Usindiso-gebou getuig dat hy die brand begin het, wat verlede jaar die lewens van 76 mense geëis het. Hy het aan die ondersoekkommissie gesê hy het die brand op die grondvloer van die gebou gestig, omdat hy probeer het om ‘n moord wat hy gepleeg het, te versteek. Die polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi, sê die 29-jarige staan tereg op verskeie aanklagte: