Man vas vir kabeldiefstal van R1,2m
Kabeldiefstal bly ‘n uitdaging in die buurland. ʼn Vyftigjarige verdagte is in Kimberley in die Noord-Kaap vasgetrek nadat hy met koperkabels ter waarde van sowat 1,2 miljoen Suid-Afrikaanse rand betrap is. Volgens die polisiewoordvoerder, Sergio Kock, het beamptes ʼn verdagte Isuzu-bakkie vol koperkabels opgemerk. Toe hulle die bestuurder wou voorkeer, het hy weggery. Hy sê die verdagte het uit die voertuig gespring en weggehardloop, maar die beamptes het hom by sy huis in Kuyasa opgespoor en in hegtenis geneem: