Man-U teken verlies aan in eerste helfte van die jaar

Die Engelse reus Manchester United het ‘n netto verlies van 2,6 miljard Namibiese dollar gely in die eerste ses maande van 2024. Dit volg op verliese van 672 miljoen dollar in die 2022/’23-boekjaar, en van 2,7 miljard dollar die vorige jaar. BBC Sport berig daar word nietemin verwag United sal nie die Premierliga se wins- en volhoubaarheidsreëls oortree nie, wat hulle punte sal kos. Die Britse miljardêr, Jim Ratcliffe, het verlede jaar ‘n 27,7-persent aandeel in die klub gekoop, terwyl United onlangs aangekondig het daar word 250 poste gesny om koste te verminder.