Man U het ‘n kans…

Manchester United staan uiteindelik ‘n kans om in die eindstryd van die Europese Liga te speel nadat hy die lustelose Italiaanse span Roma gisteraand in die eerste halfeindronde-skof met 6-2 geklop het op Old Trafford in Manchester. Die tuisspan het in altwee die vorige seisoene in die voorlaaste ronde uitgeval. Bruno Fernandes en Edinson Cavani het albei twee doele aangeteken en daarmee die span se hoop laat opvlam om in die eindstryd teen Villarreal of Arsenal te staan te kom. Die eindstryd vind op 26 Mei in Gdansk in Pole plaas. Villarreal het Arsenal gisteraand met 2-1 geklop.