Man U behaal FA-beker eindstryd

Manchester United het ʼn begeesterde terugvegpoging deur Coventry City oorleef deur met strafdoele te wen en nog ʼn FA-beker-eindstryd te haal. Die Reds was in die 70ste minuut met drie-nul voor, maar het laat in die tweede helfte teruggeveg en die wedstryd moes ekstra tyd kry. United het uiteindelik geseëvier ná ʼn strafdoelstryd en met vier-twee gewen. Dit beteken hulle kom weer teen Manchester City te staan in ʼn herhaling van verlede jaar se eindstryd. United se bestuurder, Erik ten Hag, sê dis nie ʼn verleentheid om amper teen ʼn Kampioenskap-span te verloor nie: