Man sterf tydens jaguitstappie by Gochas

‘n Jaguitstappie die naweek op die plaas Asis in die Gochas-distrik het skeefgeloop toe ‘n 52-jarige man noodlottig deur ‘n koeël getref is. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het ‘n groep van nege mans gaan jag. Na bewering het die bestuurder van die bakkie skielik gerem, en ‘n skoot van ‘n jagter agter op die bakkie het afgegaan, en die passasier wat links voor gesit het in die kop getref. Hercules Kharigub is na die Gochas-kliniek gehaas, maar is by aankoms dood verklaar. Die polisieondersoek duur voort.