Man sterf, ses familielede gehospitaliseer na aandeteOctober 2, 2023

Die Erongo-polisie ondersoek ‘n vreemde voorval waar ‘n 30-jarige man, ‘n inwoner van Walvisbaai Sondag in die vroeë oggendure dood is terwyl sy vrou en ander familielede in die hospitaal opgeneem is vir vermoedelike voedselvergiftiging. Die voorval het by die informele nedersetting Otweya plaasgevind. Die gesin van sewe die vorige aand aandete bestaande uit pap en Oshikandela-melk, saam met voorafgekookte hoender wat by ‘n plaaslike supermark gekoop is geniet en daarna gaan slaap. Na bewering het die vrou Sondagoggend omstreeks twee-uur erge maagpyn ervaar. Sy het vinnig in die badkamer verswak maar die familie het nie gereageer toe sy om hulp geskree het nie. Omstreeks sewe-uur kon sy die slaapkamer bereik en het haar familie bewusteloos aangetref met haar man, Alfeus Amadhila, wat reeds dood is. ‘n Nadoodse ondersoek is gelas.