Man sterf ná reddingspoging by Swakopmund-jetty

‘n Man het na bewering van die Swakopmund-jetty af gespring. Nooddienste is ingeroep en Namibian Marshal Ranger Sean Naude het tydens ‘n reddingspoging hom uit die see gered. Hy is na ‘n hospitaal gehaas, maar ongelukkig het die 29-jarige man later beswyk. Naude gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

 Intussen het die Namibiese gesondheidsinisterie bevestig dat ‘n pasiënt mediese behandeling ontvang nadat hy vanoggend uit ‘n venster van ‘n hospitaalsaal op die tweede verdieping gespring  en beseer is. Die pasiënt is Dinsdag in die hospitaal opgeneem vir behandeling.