Man steek ma van sy kinders, 3 en 7, voor hulle dood
Die Oshikoto-polisie het ‘n saak van moord teen ‘n 44-jarige man hangende gemaak na hy na bewering sy 36-jarige meisie met ‘n kombuismes vermoor het. Die voorval het by ‘n nedersetting in die Omuthiya-kiesafdeling plaasgevind. Daar word beweer Katrina Nandjala Haiputa, het saam met haar twee kinders, 3 en 7 jaar oud geslaap. Die verdagte, haar vriend het die kamer binnegekom en ‘n argument het uitgebreek. Hy het haar toe in die teenwoordigheid van hulle twee kinders sewe keer in die rug en nek gesteek. ‘n Buurvrou wat die onderonsie gehoor het, het die polisie geskakel. Die verdagte het volgens die mag ook aan sy ma beken hy het sy meisie vermoor. Hy is gearresteer en sal na verwagting Maandag in die Ondangwa-landdroshof verskyn.