Man skynbaar doodgeskok by ErongoRed transformator
Die Erongo-polisie berig dat ‘n man net na 8-uur vanoggend dood aangetref is langs die spoorwegbrug by Omaruru. Hy het langs ‘n paal-gemonteerde transformator van ErongoRed gelê met a brandwond en kopbeserings. Daar word vermoed dat hy by die paal opgeklim het om koperdraad te knip en in die proses doodgeskok is. Hy is geïdentifiseer as die 22-jarige Wilhelm Markus John Olyn, volgens die polisieverslag. Sy naasbestaandes is in kennis gestel en ‘n lykskouing sal uitgevoer word om die oorsaak van dood vas te stel.