Man ontvoer, vier dae aangehou terwyl boewe sy geld uitgee

Die misdaadverslag sê ‘n man is in Otjomuise ontvoer. Volgens die polisie was die man op pad winkel toe en is in ‘n lokval deur drie mans gelei. Hy is in ‘n voertuig geboender deur drie mans wat met messe gewapen was, na ‘n sinkhuis geneem en van Dinsdag verlede week tot Saterdag aangehou. Hy is van die selfoon, ID-dokument en sy bankkaart beroof. Hy moes ook sy PIN-nommer gee. Hy is vrygelaat sonder enige beserings en die mag maak nie melding van hoeveel geld gesteel is nie. Die ondersoek duur voort.