Man kry 5 jaar vir vals sluipmoord-nuus

Die Streekhof in De Aar in die Noord-Kaap het Elrico Kaizer Kasper tot vyf-jaar tronkstraf gevonnis weens kuberbedrog. Die 38-jarige man het vals inligting oor ‘n sluipmoord-komplot teen president Cyril Ramaphosa gepos. Die woordvoerder van die Noord-Kaapse NVG, Mojalefa Senokoatsane, sê Kasper is in hegtenis geneem nadat hy erken het sy optrede was te wyte aan frustrasie oor werkloosheid. Hy hoop hierdie vonnisoplegging sal toekomstige kubermisdadigers afskrik: