Man in Oos-Kaap vas vir R3,6m se perlemoen
‘n Verdagte sal na verwagting vandag in Cradock se Landdroshof in die Oos-Kaap verskyn in verband met die beweerde besit van perlemoen. ‘n Woordvoerder van die Valke, Ndiphiwe Mhlakuvana, sê die 41-jarige verdagte sal saam met nog tien mense verskyn wat in Mei in Algoapark aangekeer is – ook vir die onwettige besit van perlemoen en visvang sonder ‘n permit. Mhlakuvana sê die totale straatwaarde van die perlemoen waarop die Valke op die twee verskillende plekke beslag gelê het beloop 3,6 miljoen Suid-Afrika rand: