Man in hof vir noodlottige aanval op pro-Palestynse gesin

‘n Man het in die Durbanse Landdroshof verskyn op aanklagte van moord en poging tot moord nadat hy na bewering Sondag ‘n pro-Palestynse gesin noodlottig aangeval het. Grayson Beare het na bewering Sondag die huis van Halima Hoosen-Preston in Glenwood binnegestorm en haar met ‘n mes doodgesteek. Die streekswoordvoerder van die NVG, Natasha Ramkisson-Kara, bevestig haar man, Shaun, en haar seun is met steekwonde in die hospitaal opgeneem.