Man in arres oor bytery

’n Man, wie se ouderdom onbekend is, is in hegtenis geneem omdat hy na bewering sy meisie aan die vinger en bobeen gebyt het. Die voorval het by die dorpie Kaguni in die Kavango-Wes-streek gebeur, sê die Namibiese polisiemag in hul daaglikse misdaadverslag. Die vriendin het beserings in die proses opgedoen en die verdagte het glo ook gedreig om haar met ‘n okapi-mes en panga te steek. Die verdagte is in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord, aanranding deur dreigemente en growwe liggaamlike besering. Die ondersoek duur voort.