Man hou troetelkrokodil aan in swembed – laat kinders saam swem
‘n Man in New York het ‘n sieklike krokodil as ‘n troeteldier in ‘n swembad in sy agterplaas aangehou, en lede van die publiek toegelaat om saam met hom in die water te klim om die enorme dier te vertroetel.
Owerhede het toegeslaan op die perseel in Buffalo, New York, waar die 30-jarige reptiel onwettig aangehou is. Die eienaar is aangekla omdat hy die publiek ernstig in gevaar gestel het. Die krokodil weeg 340kg, dieselfde gewig as ‘n grizzlybeer en is 3,35m lank.
Die staatsdepartement van omgewingsbewaring het beslag gelê op die krokodil en het beeldmateriaal van die ongestelde ‘troeteldier’ gedeel en gesê die dier het talle gesondheidskwessies, insluitend blindheid in beide oë, en ruggraatkomplikasies gehad.
Die polisie het inligting van die publiek ontvang rakende die onwettige aanhouding van die dier. Na die beslaglegging is die dier vir eers na ‘n gelisensieerde opsigter geneem om na die dier om te sien totdat ‘n meer permanente oplossing gevind kan word. Intussen het die owerhede gewaarsku, die aanhouding van krokodille sonder ‘n permit is ‘n kriminele oortreding en diegene wat hulself daaraan skuldig maak sal vervolg word.