Man gearresteer met N$745 260 se Mandrax-tablette

Die polisie het nog ‘n groot dwelm-vonds aangekondig. ‘n 51-jarige Namibiese man is by die Ariamsvlei grenspos in hegtenis geneem nadat Mandrax-tablette ter waarde van 745 260 Namibiese dollar in sy vragmotor gevind is. Volgens die polisie was 6 186 tablette en 49 halwe tablette in ses groot deurskynende plastieksakke in die vragmotor versteek. Die ondersoek duur voort.