Man drink hom dood by troue in Noorde
Die Namibiese polisie ondersoek ‘n saak waar dit voorkom asof ‘n man hom dood gedrink het by ‘n troue op Ongwediva oor die naweek. Volgens die mag het die 30-jarige Kleophas Shivolo tussen twee-uur en sewe-uur Saterdagmiddag drank gebruik by ‘n troue. Hy het besope voorgekom en is in ‘n voertuig gelaai om te slaap. Teen half-een Sondagoggend het hy steeds nie wakker geword nie en is hospitaal toe gehaas waar hy dood verklaar is. Die mag sê die oorsaak kan moontlik wees as gevolg van ‘n hartoperasie wat hy in sy jonger jare ondergaan het met mediese advies dat hy nie drank gebruik nie.