Man doodgesteek toe 2L Castello-wyn wegraak

‘n Man is dood na ‘n bakleiery oor ‘n bottel Castello-wyn. Volgens die Namibiese polisie is die man in Greenwell Matongo in die hoofstad doodgesteek. ‘n Groep vriende het by ‘n kroeg gedrink toe hulle begin stry het oor die 2-liter bottel wyn wat weggeraak het uit die verdagte se taxi-voertuig. Die oorledene is dood in die voertuig aangetref na hulle gepoog het om hom hospitaal toe te vervoer. Die verdagte is in besit van ‘n skroewedraaier en ‘n okapi-mes gevind. Die man se familie is nog nie ingelig oor sy dood nie.