Man dood oor ‘n paar tekkies

Die Namibiese polisie sê ‘n 22-jarige man sal vandag in die landdroshof op Karasburg verskyn op klagte van moord. Die streek se misdaad ondersoekbeampte Chrispin Mubebo sê die slagoffer, Moses Christiaan het blykbaar die tekkies wat die verdagte aangehad het, herken en gesê dit is sy skoene. Daar was blykbaar verskeie goedere by hom gesteel maar, Mubebo sê geen saak is gemaak nie. Die twee het begin stry en Christiaan is in die bors gesteek met ‘n onbekende voorwerp. Hy is by die hospitaal dood verklaar.