Man dood na hy van watertoring in Otji val, was besig met herstelwerk

‘n Ongeïdentifiseerde man is dood na hy geval het van ‘n 15 meter hoë watertoring in Otjiwarongo. Die man was deel van ‘n span wat deur die Otjiwarongo-munisipaliteit gekontrakteer is om te werk aan ‘n lekkasie aan die Karundu-watertoring in Orwetoveni. Terwyl die polisie en die munisipaliteit nog besonderhede moet bekend maak, sê ooggetuies die man het geen harnas gedra nie. Aktivis Michael Amushelelo het nie op hom laat wag nie en sê sulke goed gebeur omdat werkers se regte nie gerespekteer word nie en die arbeidsministerie is swak.