Man City stop in Kaapstad op trofeetoer
Sokker: Manchester City se trofeetoer stop op die 17de Maart by Croquet Lawn in die V-en-A Waterkant in Kaapstad. Eksklusiewe toegang sal verleen word aan lede van Manchester City se amptelike ondersteunersklub in Suid-Afrika. Die klubveteraan, Shaun Wright-Phillips, en afrigters sal ook afrigtingsessies vir jong ondersteuners lewer. Aanwesiges kan foto’s neem met die trofeë wat die span verlede jaar gewen het, naamlik die Premierliga, die FA-beker, die Kampioeneliga, die Super-beker, en die Klub Wêreldbeker.