Man City se spelers wil staak

Die middelveldspeler van Manchester City, Rodri, waarsku spelers is naby aan staak oor die aantal wedstryde wat hulle veronderstel is om te speel. Die uitgebreide Kampioeneliga en die FIFA Klubwêreldbeker-formate, tesame met vergrote kompetisies vir nasionale spanne, beteken baie meer wedstryde vir top-spanne en spelers. Volgens hom is die optimale aantal wedstryde waarin ʼn speler op die hoogste vlak sy beste kan gee, tussen 40 en 50, maar van hulle word verwag om tussen 70 en 80 te speel.