Man City moet Mendy betaal

‘n Britse regter het Manchester City beveel om sy gewese speler, Benjamin Mendy, die grootste deel van 256 miljoen Namibiese dollar te betaal wat teruggehou is nadat hy in 2021 van verkragting en seksuele aanranding aangekla is. Die 30-jarige verdediger het die saak na ‘n arbeidstribunaal geneem nadat hy onskuldig bevind is op al nege aanklagte teen hom. Die gewese Franse internasionale speler het City verlede jaar verlaat. Hy sê ‘n senior klub-amptenaar het hom verseker hy sal sy onbetaalde salaris ontvang indien hy onskuldig bevind word.