Man beroof toe hy mense wou help
Die Erongo-polisie vra die publiek se hulp in verband met die diefstal van ‘n dubbelkajuit Toyota Hilux-bakkie. Volgens die mag het Melvin Araeb omstreeks agt-uur Maandag aand Hentiesbaai toe gery. By Myl 11 het hy ‘n stilstaande Polo in die middel van die pad aangetref en gestop om te help. Vier gewapende mans het uit die voertuig gespring, sy besittings en sy voertuig gesteel. Araeb het teruggestap Swakopmund toe waar hy bygestaan is.