Man, 71, aangekla van poging tot moord op Fico

ʼn Man is aangekla van die poging tot moord op die Slowaakse eerste minister, Robert Fico. Hy is Woensdag vyf keer geskiet in wat beskryf word as ʼn polities gemotiveerde sluipmoordaanval. Die Ministerie van Binnelandse Sake sê die 71-jarige verdagte het alleen opgetree en het voorheen deelgeneem aan betogings teen die regering. Fico is in ʼn ernstige maar bestendige toestand in die hospitaal. Die verkose president, Peter Pellegrini, het gepleit vir eenheid en dat mense hulle emosies in toom sal hou.