Man, 65, uit N$732 000 bedrieg

Die Oshana-polisie ondersoek ‘n bedrogsaak na ‘n 65-jarige man op Ongwediva van 732 000 Namibiese dollar besteel is. Volgens die mag het die man sy ID-kaart verloor en daar word bespiegel dat die verdagte dit in die hande gekry het. Hy het die kaart gebruik om die slagoffer se SIM-kaart by MTC te vervang en het so toegang tot sy bankrekening gekry en die geld oorgedra. Owerhede moet nog die fondse opspoor. Die ondersoek duur voort.