Man, 31, verkrag meisies 15 en 17, na gebedsessie

Klagte van verkragting word op Rehoboth ondersoek na twee meisies, 15 en 17 jaar oud, in die vroeë oggendure van Saterdagoggend vermoedelik deur ‘n 31-jarige Namibiese man verkrag is. Die twee het teruggestap huis toe na ‘n gebedsessie op die koppie agter blok D toe hy hulle voorgekeer het, die rivierbed ingedryf het met sy mes, en hulle verkrag het. Intussen is daar Sondagoggend ‘n gewapende roof in Avis aangemeld. Vyf gewapende mans het die huis vroegoggend binnegegaan en die man, vrou en twee kinders gyselaar gehou. Hulle het weggekom het selfone, skootrekenaars, klere, juwele sowel as die familie se Fortuner-voertuig. Die mag het intussen die voertuig en twee van die selfone in Okuryangava gevind en die ondersoek duur voort.