Man, 28, wat 14-jarige herhaaldelik verkrag, verskyn vandag

Die Namibiese polisie het ‘n 28-jarige man gearresteer by Ontunda in die Oshikoto-streek vir die herhaalde verkragting van ‘n 14-jarige meisie. Volgens die mag het hy haar herhaaldelik in ‘n lokval gelei deur haar lekkers, koekies en geld van tussen 5 en 7 dollar aan te bied. Haar oom het die klag gemaak. Hy verskyn vandag in die Ondangwa-landdroshof.