Man, 25, vas vir verhouding met meisie, 15July 31, 2023
Op Katima Mulilo sê die polisie dat ‘n 25-jarige man aangekla is na hy in ‘n verhouding was met ‘n graad 9 meisie wat 15 jaar oud is. Die verdagte is blykbaar die meisie se buurman. Nampol het hom aangekla van verkragting maar hy is nog nie in hegtenis geneem nie omdat die ondersoek nog voortduur. Intussen is ‘n 16-jarige seun, ook op Katima, agter tralies nadat hy volgens die polisie ‘n meisie, drie-jaar oud, verkrag het. Hy het blykbaar die kind gegryp en na die bure, wat nie tuis was nie, se huis geneem en daar verkrag. Ondersoeke in albei sake duur voort.