Man, 20, vas na hy kind slaan en brand oor kos steel

’n 20-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy Sondag glo kookwater oor ’n 8-jarige seun gegooi het. Die polisie se streekbevelvoerder vir Omusati, kommissaris Ismael Basson, sê die voorval het Sondag by die Okalale-nedersetting in die Tsandi-kiesafdeling plaasgevind. Hy sê daar word beweer dat die minderjarige kos by die buurman se huis gesteel het en is deur die verdagte gevang. Die verdagte het na bewering die seun oor sy lyf met ‘n elektriese kabel geslaan. Hy het toe water gekook en dit oor hom gegooi. Die kind het ernstige brandwonde aan sy hele lyf opgedoen. Basson sê die verdagte is aangekla van poging tot moord.