Mamelodi-inwoners maak self slaggate reg

Gefrustreerde inwoners van Mamelodi Gardens Uitbreiding Twee het besluit om elke Saterdag self slaggate te herstel. Drie-en-twintig huishoudings het vrywillig besluit om paaie reg te maak en sement, sand en beton te skenk. ʼn Inwoner, Phillimon Siwele, beweer goedkoop materiaal is gebruik om die plaaslike teerpaaie te bou en daarom ontstaan daar gou slaggate wanneer dit reën. Volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap kos dit, afhangende van die grootte, tussen 700 Suid-Afrikaanse rand en 1 500 rand om ʼn slaggat reg te maak.