Mali se tussentydse leiers bedank
Mali se tussentydse Presdident Bah Ndaw en sy eerste minister Moctar Quane het gister bedank, twee dae ná hulle tydens ‘n militêre staatsgreep in hegtenis geneem is. Volgens internasionale media is die staatsgreep deur vise-president Assimi Goïta georkestreer.