Malherbe beseer, Rassie laat kom Jordan Hendrikse
Rugby: Die hoofafrigter van die Springbokke, Rassie Erasmus, het die losskakel van die Haaie, Jordan Hendrikse, na die oefenkamp in Jersey opgeroep nadat stut Frans Malherbe weens ʼn enkelbesering moes agterbly. Volgens Erasmus is daar genoeg diepte onder die stutte om Malherbe met ʼn agterspeler te vervang. Hendrikse is die broer van die Bok-skrumskakel, Jaden, en het sy enigste toets vir Suid-Afrika in Junie teen Wallis gespeel. Die Bokke speel op 10 November teen Skotland in Edinburgh, gevolg deur toetse teen Engeland op Twickenham en Wallis in Cardiff.