Malema wil Cyril in staat van beskuldiging laat plaas

Die EFF-president, Julius Malema, het ‘n dringende mosie by die speaker van die Parlement, Thoko Didiza, ingedien vir die samestelling van ‘n komitee om president Cyril Ramaphosa in ‘n staat van beskuldiging te plaas. Die adjunk-president van die EFF, Floyd Shivambu, sê die verslag van ‘n onafhanklike paneel het bevind daar is ‘n prima facie saak om Ramaphosa in ‘n staat van beskuldiging te plaas oor die Phala Phala aangeleentheid.