Malema verskyn weer vandag op wapenklag

Die EFF-leier Julius Malema verskyn na verwagting vandag weer in die Oos-Londense Landdroshof op aanklagte van die onwettige besit van ‘n vuurwapen, ammunisie en drie van oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer. Die saak hou verband met die voorval in 2018 toe Malema na bewering ‘n wapen afgevuur het by ‘n EFF-saamtrek in die Sisa Dukashe-stadion in Mdantsane. Malema se medebeskuldigde in die saak, Adriaan Snyman, staar een klag van oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer in die gesig. Die staat beweer Snyman het die wapen aan Malema oorhandig.