Malema vaar ook uit oor SA Weermag in DR Kongo

Die EFF se leier, Julius Malema, veroordeel die ontplooiing van Suid-Afrikaanse Nasionale Weermaglede na die Demokratiese Republiek van die Kongo. Hy sê soldate is gedemoraliseer, en daar is ‘n gebrek aan opleiding en hulpbronne in die SANW. Mandela het reageer op die dood van twee soldate, terwyl drie gewond is in ‘n mortieraanval in Goma. President Cyril Ramaphosa het die ontplooiing van 2 900 soldate gemagtig om M23-rebelle te help beveg. Malema het op ‘n nuuskonferensie die onmiddellike onttrekking van die soldate geëis.