Malema: Tyd dat Suid-Afrikaners se stemme gehoor word

EFF-leier, Julius Malema, sê dit is tyd vir Suid-Afrikaners se stemme om gehoor te word. Malema het aan betogers wat in Pretoria vergader, gesê ondanks die hofinterdikte en intimidasie, het sake nie vandag soos gewoonlik verloop nie. Malema sê ná 30-jaar van demokrasie het Suid-Afrikaners steeds nie water of krag nie en die werkloosheidsyfer neem toe. Hy het ‘n beroep op betogers gedoen om hul liggame te gebruik tydens die versetoptrede en nie wapens nie.