Malema terug in die hof

Die EFF-leier, Julius Malema, en sy medebeskuldigde, Adriaan Snyman, verskyn môre weer in die Streekhof in Oos-Londen in die Oos-Kaap op aanklag van oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer. AfriForum het die saak in 2018 aanhangig gemaak nadat ‘n video versprei is waarin daar skynbaar gewys word hoe Malema ‘n semi-outomatiese geweer in die openbaar afvuur. Tydens hulle vorige verskyning het Malema se regspan versoek die saak moet uitgegooi word weens beweerde onvoldoende bewyse. Jacques Broodryk van AfriForum sê die hersiening van die aansoek moet môre plaasvind.